Ek hoop jy’s reg vir ‘n lewe vol avontuur! Indien nie, moet jy asseblief nie hierdie boek koop nie. Sit dit nee ren stap weg. Daar is ander oulike boeke op daai tafel daar oorkant. Maar as jy is, sal hierdie boek jou help om elke voël in Suid-Afrika te identifiseer. Maklik! Jy sal ook snaakse en interessante feite leer…
Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. skrywers: Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Niall Perrins, Dominic Rollinson, Peter Ryan Click here for English Version
Die vyfde uitgawe van Sasol Voëls van Suider-Afrika is tans volledig bygewerk deur die deskundige skrywerspaneel, met bykomende bydraes van twee nuwe voëldeskundiges. skrywers: Ian Sinclair, Phil Hockey, Warwick Tarboton, Niall Perrins, Dominic Rollinson, Peter Ryan sluit gratis plastiekbedekking in Click here for English Version
Hierdie hersiene uitgawe van die Roberts Voëlgids bevat byna 1000 spesies wat in Suider-Afrika (suid van die Cunene- en Zambesi-rivier) voorkom. Die gids spog met puik nuwe illustrasiewerk wat besonderhede gee oor seisoenale, ouderdoms- en geslagsverskille in ongeveer 240 geannoteerde kleurplate, bygewerkte verspreidingskaarte, broei- en seisoenstafies en bondige dog insiggewende teks oor uitkenning, asook aspekte van biologie soos kos en…
Hierdie fotografiese veldgids tot die voels van Suider-Afrika bevat die grootste en omvattendste versameling foto's van die area in een volume. Die 958 voel spesies wat in Suider-Afrika gevind word, word beskryf en geillustreer asook 'n ekstra 17 spesies van die Suidelike Oseaan en geassosieerde eilande en Antarktika. Meer as 2 500 illustrasies wys die ouderdom en geslag variasies, voels…
Die gedenkuitgawe van Newman se Voëls van Suider Afrika is 'n opdatering van 'n klassieke voelboek, asook 'n huldeblyk aan een van die streek se voelkenners, Kenneth Newman. Met die ondersteuning van Faansie Peacock ('n opkomende voelkenner) het Vanessa Newman (die outeur se dogter) die teks en illustrasies vir die nuwe uitgawe volledig hersien, opgedateer en uitgebrei. Die titel bevat al die…
Hierdie praktiese, eenvoudige gids tot van die voëls in Suider-Afrika wat die meeste gesien word, is gemik op beginner- en selfs juniorv oëlkykers. Dit is meer toeganklik as ’n volwaardige veldgids, en baie nuttig met eenvoudige teks, duidelike illustrasies en foto’s van 300 van die streeks se voëls wat die maklikste te sien is. Skrywers: Chevonne Reynolds, Nicholas Tye Available…
Groter suider-Afrika is ryk aan soogdierspesies, byna 400- wat almal in hierdie ten volle bygewerkte, omvattende veldgids ingesluit is. Uitgebrei om spesies in te sluit wat in Angola, Zambie and Malawi voorkom, dit is ook uitvoerig hersien om die volgende in te sluit: nuwe bevindings en taksonomie, hersiene verspreidingskaarte en baie nuwe foto's, kleurkodes om families te groepeer, simbole vir…
Die Veldwagter Stap Saam is nie 'n tradisionele veldgids in die sin dat dit tot in die fynste besonderhede verduidelik hoe om 'n spesifieke plant of dier te identifiseer nie (alhoewel die teks tog nuttige wenke gee om uitkenning te vergemaklik). Die doel met hierdie boek is eerder om te dien as 'n persoonlike gids of 'veldwagter’ tydens 'n besoek aan…
'n Baie insiggewende Afrikaanse boek wat vrae en antwoorde bevat van Suid-Afrikaanse diere, wat wissel van die Aardwolf na die Ystervark. Dit is 'n baie nuttige gids wanneer jy nasionale parke in Suid-Afrika besoek. Skrywer: Riëtte
Hierdie omvattend uitgebreide, hersiene uitgawe van die beste verkoper onder boom-veldgidse vir die streek bied veel meer as die hoogs suksesvolle eerste uitgawe. Volledig bygewerkte teks (insluitend bykomende spesie-inskrywings) en verspreidingskaarte, talle nuwe foto’s en ’n nuwe seksie van 87 bladsye met foto’s van die hele boom maak dié gewilde gids nog meer noodsaaklik in die veld. Skrywers: Braam van…
’n Regstreekse, voor die hand liggende en effektiewe gids tot boom-identifikasie. Dié boek se titel sê dit alles! Hierdie bygewerkte tweede uitgawe verskaf ’n duidelike uiteensetting van hoe bome saamgestel is en waarna om op te let wanneer ’n boom geïdentifiseer word. Die boek bestaan uit twee dele: Deel 1 beskryf en illustreer duidelik die verskillende dele van ’n boom en…
Vir die beginner kan die groot aantal boomspesies wat in Suider-Afrika voorkom – sowat 1 700 inheemse en ingevoerde spesies – oorweldigend wees. Hierdie nuutste toevoeging tot die Watter?- reeks help met hierdie probleem deur die aanskoulike, algemene, opvallende en soms buitengewone spesies in terme van hul ‘familiegroepe’ te beskryf. Kennis van die boomfamilies help met die herkenning van verwante…
'I wonder what tree that is' - if this thought has ever occurred to you in the Kruger National Park, this book is intended for you. Virtually no visitor to the Kruger National Park has not, at some point, become a nature enthusiast once the Big Five hunger has been stilled. This book is about trees, but has been compiled…
Die eerste volledige streekgids oor die inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom. Beskrywing van meer as 170 spesies inheemse bome wat in die Magaliesberg voorkom georden volgens FSA-nommer Familie- en genusbekrywings van die boomspesies Oorsprong en verklaring van wetenskaplike name en die beskermingstatus van bome Afrikaanse streekname wat 'n ryk taal- en kultuurerfenis verteenwoordig Boomname in Afrikaans, Engels en…
Suid-Afrika het 'n ryk flora van nagenoeg 19 000 verskillende spesies blomplante. Heelwat hiervan, veral proteas, gerberas, bloulelies en clivias, is vandag internasionaal bekend, terwyl die helderkleurige blomme van freesias, nerinas, sparaxis en tjienkerientjees gunstelinge in tuine regoor die wêreld geword het. Duisende besoekers word elke jaar na die skouspel van lenteblomme in Namakwaland en die Wes-Kaap gelok. Vir dié…
Die grasfamilie, bekend as Poaceae, is waarskynlik die belangrikste plantfamilie op aarde. Grasse is die eerste voedselplante wat deur mense aangeplant is. Graangewasse soos mielies, koring, rys en suikerriet, almal grasse, is steeds ons belangrikste bron van energie. Gras, in die vorm van voer, is ook die belangrikste bron van kos vir vee en die groot kuddes grasvreters in die…
Gids tot die Aalwyne van Suid-Afrika is die eerste volledige en moderne aalwyngids in Afrikaans. Dit is 'n volkleur-handleiding en die hoë gehalte foto's maak dit vir die algemene belangstellende sowel as die wetenskaplike maklik om aalwyne in die natuur en in tuine te identifiseer. Die inhoud weerspieël die nuutste wetenskaplike bevindings en bevat: Volledige beskrywings van al 155 spesies wat…
Southern Africa has possibly the most beautiful and diverse floral kingdom in the world, but it is also the most polluted and threatened. Agricultural production is under threat from both indigenous and alien weeds and our entire ecosystem is now being seriously threatened by these alien, invasive species. Awareness of these weeds, the regulations involved and possible control measures have become critical factors.…
Hierdie is 'n gids tot die 151 inheemse slange in Suid-Afrika dek al die noodsaaklike aspekte van biologie en slang gedrag. Hierdie uitgawe bevat ten minste 11 nuut ontdekte en 30 her-klassifiseerde spesies en sub-spesies in te sluit. Skrywer: Johan Marais Also available in English here
’n Onontbeerlike gids vir die uitkenning van al die gevaarlike slange en algemene onskadelike slange in Suider-Afrika, sowel as belangrike en praktiese kitsinligting oor noodhulp ingeval van ’n slangbyt Skrywer: Johan Marais Available in English here
Watter slang is dit? is 'n maklike inleiding wat die beginner sal help om slange uit te ken. Slange van die streek word volgens familietrekke, gemeenskaplike gedrag of voorkoms gegroepeer, en die leser word aangemoedig om die kenmerke van die groep te herken voordat op individuele spesies gefokus word. Kassies met interessante feite vul die teks aan en treffende kleurfoto's illustreer…
Ontmoet 36 van Suider-Afrika se mees algemene en interessante slange in hierdie lewendige en boeiende kindergids. Ontdek die besondere kenmerkende gewoontes van slange – waar hulle woon, hoe hulle jag, watter gevare hulle bedreig, en hoe hulle hulself beskerm. Meer as 250 bekoorlike foto’s ondersteun die teks. ’n Volledige inleiding tot heelwat kenmerke van die gedrag van slange ontsluit die…
Insektopedie lê die betowering en ryke verskeidenheid van die wêreld van insekte bloot. Dit deurgrond hul fassinerende gedrag en biologie – van paring en broeigedrag, metamorfose en beweging tot sig, reuk, gehoor en hul aanpassings by hitte en koue. ’n Hoofstuk oor superorganismes ondersoek die merkwaardige verskynsel van sosiale gemeenskappe; ’n ander een dek die kritieke rol wat dié diertjies…
Die fynbosstreek is een van die skouspelagtigste uiteenlopende plekke op Aarde. Dit is nie 'n ligtelike bewering nie. Wanneer mens die verskeidenheid insekte asook vars- en seewaterspesies wat ook met die Kaap assosieer is, in aanmerking neem, mag hierdie brandpunt een van die warmste ter wêreld wees. Dit is verwarrend uiteenlopend, met 'n verskeidenheid kleinskaalhabitats, van vleilande in die laagtes…
17 van ons land se voorste boskundiges skryf oor die Bosveld se bewaring en bestuur, die geologie en grond, veld en plante, houtsoorte en ouderdomme van bome, oorlewing en veldgebruik in historiese tye, hedendaagse toerisme en wat dit sou behels om 'n plaas hier te koop. In die volksmond verwys 'bos' na 'n houtagtigheid wat in samestelling, digtheid en hoogte…
Hierdie gewilde veldgids tot die natuurlewe van Suider-Afrika, jare lank al ’n vertroude metgesel van natuurliefhebbers, is nou omvattend bygewerk. Dit bied beskrywings en akkurate illustrasies in volle kleur van meer as 2,000 plante en diere asook verspreidingskaarte vir die meeste groepe. Elke hoofstuk het sy eie kleurkode om naslaan te vergemaklik en uitkenmerke in die beskrywings is in vetdruk.…
Sasol Eerste Veldgids tot Soogdiere van Suider-Afrika bied aan die jong leser ’n fassinerende blik op die diere lewe van die streek. Met behulp van volkleur foto’s en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die meer algemene soogdierspesies in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom…
Sasol Eerste Veldgids tot Roofvoëls van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die voellewe van die streek. Met behulp van volkleur-foto’s en -verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene roofvoels in Suider- Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle leef, en meer te wete kom oor hul unieke vreet- en broeigewoontes. Also Available in English…
Eerste Veldgids tot Gesteentes & Minerale, die jongste toevoeging tot die gewilde Struik Nature-reeks, stel die belangrikste en interessantste gesteentes en minerale van ons geologies opwindende streek bekend. Die gids beskryf 30 minerale en 18 belangrike soorte gesteentes, met die klem op dié wat die bekendste of algemeenste is. ’n Kort inleiding gee ’n oorsig van die onderwerp; kleurryke foto’s…
Hierdie gids is deel van 'n nuwe reeks, Eerste veldgidse, en bied 'n fassinerende blik op die natuurlewe van die streek. Met behulp van kleurfoto's en -verspreidingskaarte asook maklik leesbare teks, sal die beginner- en ontluikende natuurkenner die meer algemene diere van Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul unieke gedrag en…
Hierdie opwindende reeks vir aspirant-natuurkundiges, is spesiaal ontwikkel om jong mense in te wy in die geheime van die natuurlewe om ons. Die sakpas-grootte en pragtige foto's maak hierdie boekies besonders, en dit is boonop maklik om te lees en te gebruik Skrywer: Tracey Hawthorne Also available in English here
Sasol Eerste Veldgids tot Spinnekoppe & Skerpioene van Suider-Afrika bied aan die jong leser en fassinerende blik op die ryke verskeidenheid spinagtiges wat in die streek voorkom. Met behulp van volkleur fotos en maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene spesies in Suider-Afrika identifiseer. Skrywer: Tracey Hawthorne Also available in English here
Die boekie stel die leser bekend aan die vaardighede en metodes wat nodig is om diere se spore in die veld te herken, en dit bevat 48 spesies met verspreidings kaarte en foto's. Die dier word beskryf en daar word gekyk na habitat, spoor en gewoontes. Skrywer: Louis Liebenberg
Sasol Eerste Veldgids tot Bome van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die bome van die subkontinent. Met behulp van volkleurfoto’s en verspreidingskaarte, asook maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene bome in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle groei, en meer te wete kom oor hul unieke eienskappe. Available in English here
Sasol Eerste Veldgids tot Sterrehemel van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die suidelike sterrehemel. Met behulp van volkleurfoto’s en illustrasies, maandelikse sterrekaarte en maklik leesbare teks, sal die ontluikende sterrekundige die meer sigbare voorwerpe in ons naghemel kan uitken en meer van die unieke verskynsels in ons sterrestelsel te wete kom. Available in English here
Sasol Eerste Veldgids tot Slange & Ander Reptiele van Suider-Afrika bied aan die jong leser 'n fassinerende blik op die reptiele van die streek. Met behulp van volkleur fotoÆs en verspreidings kaarte, asook maklik leesbare teks, sal die jong volwassene en ontluikende natuur liefhebber die algemene reptielspesies in Suider-Afrika kan identifiseer. Available in English here
Sasol Eerste Veldgids tot Insekte van Suider-Afrika bied ’n fassinerende blik op die insekte van die streek. Met behulp van volkleurfoto’s en maklik leesbare teks, sal die beginner en ontluikende natuurliefhebber die meer algemene insekgroepe in Suider-Afrika kan identifiseer, kan vasstel waar hulle voorkom, en meer te wete kom oor hul gedrag en ongewone eienskappe. Skrywer: Alan Weaving Also available in…
Sasol Eerste Veldgids tot die Paddas van Suider-Afrika is ’n interessante gids tot die paddas van die streek. Volkleurfoto’s, verspreidingskaarte en verstaanbare teks sal nuwelinge en aspirantnatuurkenners help om die algemeenste paddaspesies in Suider-Afrika uit te ken, te ontdek waar hulle voorkom en te leer van hul unieke gedrag en buitengewone eienskappe. Skrywer: Vincent Carruthers Also available in English here
Orders will be shipped within 7 - 10 working days due to Covid-19 situation.
Due to an unforeseen issue we may experience further delays in shipping. We Apologize for any Inconvenience. Dismiss